Kaapstad sê 10% van sy werkers is verslaaf

Die stad Kaapstad beraam dat ongeveer 10% van sy 27 000 personeellede aan dwelmmiddels of alkohol verslaaf is.

Volgens die Cape Times gaan die stadsraad sy verslawingsbeleid hersien om strenger teen dwelm- en alkoholverslaafdes op te tree. Die raad is bekommerd dat dienslewering erg beïnvloed sal word as verslawingsprobleme buite beheer raak.

Volgens ʼn verslag word ʼn groot hoeveelheid werkstasies geraak deur verslawingsprobleme wat daartoe lei dat werkers nie vir diens opdaag nie, swak presteer, hulself skuldig maak aan kriminele dade of beserings aan diens opdoen of veroorsaak.

Herman van der Watt, die stad se werknemerwelstand-programbestuurder, het gesê dat alkohol veral deur werknemers ouer as 40 misbruik word. Tik (methamphetamine) word veral deur werknemers tussen die ouderdom van 23 en 35 misbruik.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.