Kaapstad se naam “verander”

Tania Kleinhans. Foto: David Ritchie

Die Khoisan-gemeenskap wil Kaapstad ʼn ander naam gegee. As hulle hul sin kry, sal die Moederstad //Hui !Gaeb heet.

//Hui !Gaeb beteken “Plek waar die reënwolke vergader”, het die Cape Times Woensdag berig. Die groep beplan om moontlik teen Donderdag dié naam op ʼn advertensiebord in die middestad uit te basuin. Kitskosrestaurant Nando’s gaan vir dié advertensiebord betaal.

Tania Kleinhans, sekretaris-generaal van die Institute for the Restoration of the Aborigines of SA, sê die stap volg nadat hul tradisionele leier en geneser, Oom Dawid Kruiper, vroeër die maand oorlede is. “Ons hoof is dood en die regering het amptelik niks gedoen nie. Ons het nie ’n vlag wat halfmas vir ons kon hang nie. Die regerings (die huidige en vorige een) is skuldig aan die menseslagting van ons mense. Ons het bywoners in ons eie land geword en dit is tyd dat ons erkenning kry,” het sy Maandag aan Beeld gesê. “//Hui !Gaeb is die oorspronklike naam van Kaapstad. Die naam is iets waarmee iemand van enige ras, groep of nasie mee kan identifiseer.”

Die groep beplan om meer van dié borde wat 3 m x 2,8 m groot is, langs snelweë op te rig.

Kleinhans het Nando’s genader om vir die advertensiebord te betaal na hul “xenofobiese” advertensie deur verskeie uitsaaiers verbied is. Die minuutlange advertensie wys hoe verskeie mense van verskillende nasionaliteite in ʼn rookwolk verdwyn. Dit eindig met ʼn Khoisan-man wat sê: “Ek gaan nêrens heen nie, julle het ons ****** hier gekry.”

Sien die video hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theart ·

Mal daaroor – houdaarvan – hoe spreek mens die naam foneties uit asseblief. Laat wweet. Dankie.

Neels ·

Terwyl ons op die onderwerp is, kom ons herdoop Springbok, na Verwoerburg, Kimberley na Verwoerdville, Durban na Verwoerdstad. Terwyl almal nou die klits kwyt geraak het, kan ons ook seker dit doen. Ons herdoop ook sommer die Indiese osean as die apartheids osean aangesien dit mense apart hou. Die atlantiese osean word die wit man osean, aangesien ons dit die meeste gebruik het aanvangklik. Hierdie herdoop van plekname is simpel, onnodig en verregaande! Niemand in Europa kan hierdie @#$#!// HUI //.,;-*&^GEAB uitspreek nie (jammer as ek iemand gevloek het, in hierdie land dra selfs leestekens mos deesdae betekenis). Die helfte van die Khoi-San wat oor is, kan dit nie uit spreek nie, en die ander helfte wil dit nie uitspreek nie, so wat nou? Dit maak net soveel sin soos ‘n swart president!

H J Bester ·

Waar het Tania dit raakgelees dat //Hui !Gaeb die oorspronklike naam van Kaapstad was – dis mos snert. Die Khoi-san het vir alle praktiese doeleindes verdwyn en lees mens nog net in geskiedenis-boeke van hulle eertydse bestaan aan die Kaap. Hulle moet maar aanvaar dat die Kaap gedurende die afgelope sowat 350 jaar baie verander het en dat hulle aansprake nou maar baie gering is – selfs nie eers ‘n naamsverandering van Kaapstad na een of ander onuitspreeklike naam sal aanvaar word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.