Kaapstad-seekoei steeds op vrye voet

Argieffoto

Beamptes sal Woensdagaand weer probeer om ‘n jong seekoei wat by Rondevlei Natuurreservaat weggeloop het, vas te trek.

Die seekoei kon ontsnap nadat ‘n dief ‘n gedeelte van die heining gesteel het, berig EWN. Owerhede het beplan om die seekoei Dinsdagaand te verdoof, maar kon nie daarin slaag nie. Julia Wood, biodiversiteitsbestuurder in Kaapstad, het gesê hulle kry nie ‘n deurbraak nie. “Beamptes het gisteraand die seekoei gaan soek. Hulle het hom slegs een of twee keer vinnig gesien, maar kon hom nie vaskeer nie,” het Wood gesê. Die munisipaliteit sal Woensdagaand weer probeer. Lede van die publiek word herinner om nie die dier te nader, te bedreig of te voer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.