Kaapstad-skoolhoof skuldig aan dieremishandeling

Argieffoto

ʼn Skoolhoof van Kaapstad is met R3 000 beboet nadat hy ʼn skoonmaker by die skool opdrag gegee het om ʼn hond lewendig te begrawe, het die Cape Times Dinsdag berig.

Manono Makhapela is deur die Khayelitsha-landdroshof in Kaapstad op twee aanklagte van verwaarlosing, marteling en mishandeling en een dat hy ʼn dier onnodig skade berokken het, skuldig bevind.

Die helfte van die boete is opgeskort, wat beteken dat Makhapela slegs R1 500 moes betaal voor hy vrygelaat is. Hy is ook aangesê om ʼn rehabilitasieprogram by te woon.

Die hoof van Luhlazo Sekondêre Skool het glo die skoonmaker, Elliott Mfengu en sy kollega, Mkhumbazi Ncedana, opdrag gegee om die hond te begrawe, aangesien hy glo in Oktober 2011 op die skoolgrond ontlas het.

Die Cape Times berig dat ʼn vrou gesien het hoe hulle ʼn gat grawe en het die voorval by ʼn dierekliniek aangemeld. Ondersoekbeamptes van die dierekliniek het die gat oopgegrawe en op die hond, wat half dood was, afgekom.

Die koerant berig die skoonmakers is van dieremishandeling aangekla en moet 150 ure lank gemeenskapdiens by die Khayelitsha-kliniek verrig.

Verdere inligting oor die hond is nie beskikbaar nie.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marietjie Jansen van Vuuren ·

Die vark, hulle behoort hom te skors – hoe kan hy na kinders of ‘n skool omsien – as jy diere kan mishandel, is kinders nie veilig in jou omgewing nie!! Die ouers van daai skool behoort daarna te kyk.

Helet Lambrechts ·

Die skoolhoof moes in gat gegooi gewees en dan toe gegooi word. Laat hy weet waardeur die hond gegaan het.

Jenny Upshon ·

Dit is goed dat daar wel gevolge is alhoewel die straf altyd die misdaad moet pas wat definitief nie hier die geval is nie.Die opgeskorte boete is slegs die prys van ‘n goedkoop mans pak.Dit het nie genoeg impak om ander af te skrik nie.As die boetes van pas is kan dit tot ‘n mate voorkomend wees, al is dit net in die sin dat dit ander twee maal laat dink voor hulle doen.Ongeag of jy ‘n diere liefhebber is of nie is dit nietemin ‘n lewe wat geblus word in die geval insluitend wreedagtigheid, en ons is volgens die Skrif as bewaarders of wagters oor alle diere aangestel.Hy het sy posisie misbruik en boonop ‘n baie slegte voorbeeld gestel vir al die kinders wat na hom opsien as rolmodel.Sy daad illustreer sumier hy besit nie enige empatie of geduld nie en aangesien albei voorvereistes is vir opvoeding van kinders hoort hy glad nie in die opvoedkunde nie.

EBTfan ·

Tipes SA se patetiese regsisteem ! Mens kan duidelik sien in wie se hande die siek land van ons is !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.