Kaapstad sorg vir alkoholvrye strande

Argieffoto

Argieffoto

Daar is al beslag gelê op meer as 600 liter alkohol op Kaapstad se strande sedert die begin van Desember.

“Dit is nagenoeg drie keer soveel as dieselfde periode verlede jaar,” het Jean-Pierre Smith, lid van die burgermeesterskomitee vir veiligheid, gesê. “Die stad is toegewyd om ʼn veilige omgewing vir inwoners en besoekers te skep wat gebruik maak van ons strande gedurende die feesseisoen.”

Hy sê onbehoorlike gedrag wat verband hou met uitermatige gebruik van alkohol maak strande onveilig en onplesierig vir ander. “Boonop lei die inname van uitermatige hoeveelhede alkohol ook tot verdrinking. Ons sal steeds beslag lê op alkohol op strande om seker te maak dat ons strande vir almal veilig is.”

Die stad het ʼn munisipale wet wat ʼn verbod plaas op die besit en gebruik van alkohol op strande.

Oortreders se alkohol kan by hulle afgeneem word en hulle kan ʼn skriftelike kennisgewing ontvang om in die hof te verskyn met ʼn boete van R500.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.