Kaapstad-taxibaas skuld glo R150 000 in boetes

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Taxibaas van Kaapstad het glo meer as 238 uitstaande lasbriewe vir sy inhegtenisneming en skuld meer as R150 000 weens onbetaalde boetes, het The Star Donderdag berig.

Sibusiso Funisela, wat taxi’s van Nyanga tot Wynberg en in Tafelsig en Kaapstad bedryf, het Woensdag in die Kaapstad-verkeershof verskyn nadat hy opgespoor en in hegtenis geneem is.

Sy taxibestuurders is verantwoordelik vir die uitstaande lasbriewe en verkeersoortredings.

“Dit is ʼn frustrasie om so gereeld hier te wees. Ek het my bestuurders aangesê om nie meer die wet te oortree nie, maar as ek my weer kom kry, dan is ek hier,” het Funisela gesê.

Hy besoek glo weekliks die Gallows Hill-verkeersafdeling om boetes van tussen R850 en R2 500 te betaal.

Funisela, van Philippi, is vrygelaat maar moet in November in vyf verskillende howe verskyn.

Hy wou nie aan joernaliste sê hoeveel taxi’s hy besit of hoeveel bestuurders vir hom werk nie. Hy wou ook nie sê hoekom hy nie probleembestuurders afdank nie.

SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Henrietta Klaasing ·

Taxi eienaar: “Dit is ʼn frustrasie om so gereeld hier te wees.” – – – Spog jy of bely jy jou skuld? Laat die drywers net EEN maal self hul boetes betaal en kyk wat gebeur …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.