Kaapstad-tieners doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

Twee tieners is Woensdagaand in Elsiesrivier in Kaapstad doodgeskiet.

“Bianca Jacobs (16) en Charles Damons (17) is in Clarkes Estate doodgeskiet,” het kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, gesê. “Die slagoffers het glo in Ou Stellenboschweg met vriende staan en gesels toe ʼn verdagte, wat hulle geken het, lukraak op hulle losgebrand het.”

Die verdagtes het te voet gevlug. Die polisie is op soek na die verdagtes. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.