Kaapstadse fietsryer doodgery

Argieffoto

ʼn Fietsryer van Kaapstad is dood en ʼn ander ernstig beseer nadat ʼn voertuig hulle Dinsdag in Muizenberg raakgery het.

Die Cape Times het Woensdag berig die ongeluk het in Prince Georgeweg plaasgevind. “ʼn Man is op die toneel dood verklaar en ʼn vrou is met ernstige beserings na ʼn nabygeleë hospitaal geneem,” het Keri Davids, ʼn woordvoerder van nooddienste, gesê. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Noel van Zyl, ʼn lid van die Pedal Power Association, het fietsryers en motoriste versoek om verdraagsaam te wees en die padreëls te gehoorsaam. Hy het aan die koerant gesê meer bane vir fietsryers is in Kaapstad nodig.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.