Sampson het glo die kat se lewe in November met ‘n graaf beëindig, aangesien dit ernstige beserings opgedoen het toe dit deur sy honde op sy eiendom in Noordhoek aangeval is.
“Ek is ‘n diereliefhebber en empatiese persoon. Die kat het kwaai gely en ek was ontsteld daaroor. Ek het toe gedoen wat ek gedink het die beste ding is om te doen,” het Sampson gesê. Volgens Sampson het ‘n werknemer by die Nasionale Raad vir die Voorkoming van Dieremishandeling (NDBV) hom nie-amptelik aangeraai om die kat uit te sit sodat dit nie sou ly nie.
Allan Perrins, uitvoerende hoof van die DBV in Kaapstad, het Sampson se bewering ontken en gesê dat hy ‘n inspekteur sal aanbeveel om klagtes kragtens die Wet op Dierebeskerming teen Sampson te lê.
Die kat se eienaar en Sampson se buurvrou, Jeannot Nelson, sê sy het vir die komediant gewag om te erken dat hy ‘n fout gemaak het. “Hy moes die kat na die naaste veearts geneem het,” het sy gesê.
Hey asshole! Indien dit n kind was sou jy ook dan sy kop afgekap het? What goes around comes around! Kyk of ons nou vir jou lag.
Mense is nie diere nie…