Kaapstadse metropolisiebeampte jok glo oor kollega wat teister

cape town metro policeDie stad Kaapstad het gesê ʼn hoë rang metropolisiebeampte wat vergoeding in die gelykheidshof eis nadat ʼn vroulike kollega hom glo herhaaldelik seksueel geteister het, praat nie die waarheid nie, het The Times Dinsdag berig.

Richard Bosman, die stad se uitvoerende direkteur van veiligheid en sekuriteit, het gesê die beampte was haaks met die vroulike beampte vermoedelik oor oortydbetaling. Die vrou was in daardie stadium ʼn senior superintendent. Volgens Bosman het die situasie tydens ʼn vergadering in Julie breekpunt bereik. “Die vergadering het ure lank geduur toe die man ewe skielik aan die vroulike kollega meegedeel het dat hy al voorheen oorweeg het om ʼn saak van seksuele teistering teen haar aanhangig te maak,” het Bosman gesê.

Bosman sê daar is geen gronde vir die beampte se klag nie en die hof sal versoek word om die saak met koste van die hand te wys.

Die saak sal op 8 Januarie aangehoor word.

Die 39-jarige superintendent beskuldig die stad Kaapstad van versuim om hom teen die vroulike beampte, van dieselfde rang, te beskerm. Sy het glo gereeld uitdagende opmerkings gemaak en ook een keer sy bobeen gestreel.

Die man het die hof genader in ʼn laaste poging om die probleem op te los nadat sy bestuurders glo nie sy klagtes ernstig opgeneem het nie.

– SAPA

Lees ook:
Vroulike kollega ‘teister’ hom

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Henko ·

Is dit nie wat vrouens normaalweg sou doen nie, in ‘n poging om ‘n man kwaadwilliglik skade te berokken? Hy behoort nie net ‘n waarskuwing te kry nie, hy behoort eerder ontslaan te word. Arme vrou, en as haar huwelik nou op die rotse is?

EyesEars ·

“Die vergadering het ure lank geduur toe die man ewe skielik aan die vroulike kollega meegedeel het dat hy al voorheen oorweeg het om ʼn saak van seksuele teistering teen haar aanhangig te maak”

Hoekom sal die man sulke kommentaar lewer as sy dit nie al voorheen gedoen het nie en hoekom het die vroumens dit nodig geag om aan sy bobeen te vat, as sy nie ander intensies gehad het nie. Bosman, ek dink jy moet weer gaan kyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.