Kaapstadse polisieman doodgeskiet

ʼn Polisieman wat nie aan diens was nie, is Sondagoggend by sy huis in Tafelsig in Kaapstad doodgeskiet.

Volgens lt.kol. André Traut, polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het die voorval omstreeks 01:45 in Dassenbergstraat plaasgevind. “Ons vermoed die aanval spruit uit ʼn argument wat die slagoffer vroeër met die verdagte gehad het. Die verdagte het van die toneel gevlug,” het Traut Maandag gesê. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Die verdagte en die slagoffer het mekaar moontlik geken,” het Traut bygevoeg. Die slagoffer is ʼn 29-jarige konstabel wat by Kaapstad-Sentraal-polisiestasie gestasioneer was. Sy naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.