Kaapstadse polisieman vas vir vrou se dood

‘n Polisiebeampte van Kaapstad is Woensdagoggend in hegtenis geneem nadat hy glo sy vrou doodgeskiet het.

Die konstabel, wat by die Kuilsrivier-polisiestasie gestasioneer was, het vermoedelik Dinsdagaand sy 40-jarige vrou by hul huis geskiet nadat hulle rusie gemaak het.

Lt.kol. André Traut, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die man het van die toneel met sy dienspistool gevlug. “Die polisie was besig om die toneel by die huis in Delft te ondersoek, toe die beampte hom later self daar oorgegee het,” het hy gesê.

Die 37-jarige verdagte moet binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Willy ·

Dit is nou hoe party ‘n probleem uitsorteer. Die oplossing is dan om weg te hardloop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.