Kaapstadse selfoonwet tree in werking

ʼn Munisipale wet het op 1 Julie in Kaapstad in werking getree wat verkeerspolisie die reg gee om beslag te lê op selfone wat deur motoriste gebruik word. Kaapstadse motoriste wat gevang word dat hulle selfone gebruik terwyl hulle bestuur, se selfone sal deur verkeersbeamptes konfiskeer word.

Die verkeerspolisie mag beslag lê op ʼn selfoon, selfs al is dit die betrokke motoris se eerste oortreding, berig RSG. Oortreders sal die geleentheid gebied word om die SIM- en geheuekaarte uit te haal.

Diegene wat ʼn R500 boete opgelê word, kan die foon ná 24 uur terugkry. Die stad Kaapstad reik maandeliks meer as 8 000 boetes uit vir sulke oortredings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Carl ·

Hierdie is net nog ‘n onuitvoerbare wet :Vraag : as jy op my selfoon beslag le moet dit by die SAP ingehandig word, gaan die verkeerspolisie kwitansie uitskryf op die “misdaad toneel” of gaan hulle nou ook bewysstuk register en stoor he, indien nie moet jy hulle na die SAP vergesel en indien so is jy dan tegnies gesproke “gearresteer” !!!!

LoodB ·

Die joernalis behoort ‘n berig te plaas met meer besonderhede. Op eNuus was in besonderhede gesê dat net spesifieke Metro polisie die fone mag konfiskeer , dus ‘n elite eenheid. Die fone word verpak en geseël in ‘n spesiale dosie. Dit word by Groenpunt Metro gestoor en kan slegs daar afgehaal word na die boete betaal is. So kry maar eerder bloutand – ek gebruik dit al jare – en hou alle hande op die stuur. Gebruik ook maar die stem funksies en wees boete vry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.