Kaapstadse tiener in koma ná aanranding

Jean Lambrechts. Foto: Facebook

Jean Lambrechts (19) van Kaapstad is in ʼn koma nadat hy en sy vriende Saterdagaand op pad na ʼn nagklub aangeval is.

Volgens die Cape Times was Lambrechts en sy vriende onderweg na Stones Edward Street in Bellville toe hulle glo deur ʼn groep van nagenoeg 10 mans aangeval is.

Lambrechts se vriend, Juan Strydom (20), sê die mans het hulle geslaan terwyl veiligheidwagte van ʼn nabygeleë klub glo slegs gestaan en toekyk het.

Lambrechts se ma, Henrieta Sauer, sê haar seun het op die sypaadjie geval en is toe verder teen sy kop geskop.

Lt. kol. André Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, sê ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer word ondersoek. Niemand is nog in verband met die aanval in hegtenis geneem nie.

Corne Hale (19), ʼn matriekleerling, is in November 2011 dood ná ʼn aanval in dieselfde straat.

– Sapa

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.