Kabeldiefstal dalk die rede vir treinongeluk

Kabeldiefstal wat Donderdag in die vroeë oggendure plaasgevind het, is waarskynlik die hoofrede vir die gru-ongeluk tussen twee treine Donderdagoggend waarin honderde mense beseer is. Die diefstal het veroorsaak dat die treinstelsel van die outomatiese na ʼn handgedrewe stelsel oorgeskakel moes word.

Metrorail het Donderdagoggend die media toegespreek tydens ʼn nuuskonferensie op die ongelukstoneel en dié inligting bekend gemaak.

“Dit is tyd dat kabeldiefstal as strafbare manslag gesien word,” het Ben Martins, minister van vervoer, gesê.

Twee mense is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal, agt is ernstig beseer en meer as 200 is lig beseer nadat ʼn bewegende trein omstreeks 07:20 op die spoor tussen Cor Delfos en Saulsville naby Pretoria agterin ʼn stilstaande trein ingery het. Onder die 200 lig beseerdes was sowat 50 skoolkinders.

Netcare 911 het ʼn helikopter en 17 ambulanse na die toneel gestuur om die beseerdes by te staan. ER24 het 45 noodvoertuie uitgestuur. Die Tshwane-nooddienste en die polisie was ook op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.