Kabeldiefstal: PTA-skrootmetaalhandelaar vas

ʼn Skrootmetaalhandelaar van Pretoria-Tuine is Maandag in hegtenis geneem nadat aluminium oorhoofse geleiers van die Tshwane-munisipaliteit glo op sy perseel aangetref is.

“Die 45-jarige eienaar van A to Z Scrap Metals is ná ʼn inspeksie van sy perseel, geleë in Van der Hoffweg, in hegtenis geneem,” het kaptein Amos Msimango, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die polisie het beslag gelê op drie tipes geleiers nadat die eienaar nie kon rekenskap gee waarom hy die munisipaliteit se eiendom in sy besit het nie.”

Sowat 1 600 kg geleiers, ter waarde van ongeveer R9 000, is opgespoor.

Die man sal na verwagting binnekort in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.