Kabeldiefstal vertraag weer Gautrein-diens

Die Gautrein-diens tussen Midrand en Samrand is Woensdagoggend vertraag nadat ‘n stuk kabel van sowat 370 meter in die omgewing gesteel is.
Errol Braithwaite, ‘n woordvoerder vir Bombela wat die Gautrein-diens bedryf, sê sekuriteitsbeamptes het die kabel egter vinnig ná die diefstal opgespoor. Volgens Braithwaite kan vertragings van tussen 15 en 30 minute verwag word.

“Alle treine tussen Centurion en Midrand sal teen 30 km/h beweeg,” het hy gesê. Gautrein-dienste van oos na wes, insluitend die lughawediens, word nie geraak nie.
Ná ‘n reeks diefstalpogings verlede jaar, het die Gautrein ekstra veiligheidstappe in plek gestel om te verhoed dat dit weer plaasvind. Braithwaite het egter gesê dit is ‘n groot probleem en hulle het die regering se hulp nodig om koperdiefstal te bekamp. Hy doen weer ‘n beroep op die regering om streng op te tree teen onwettige koperhandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.