Die kabinet het voorgestel dat die omstrede voormalige hoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Robert McBride, aangestel word as die hoof van die onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod).
“Ons glo McBride se aanstelling as die hoof van Opod sal help om dié belangrike instansie te help om sy mandaat te behaal,” het polisieminister Nathi Mthetwa Dinsdag in ʼn verklaring gesê.
Mthethwa het gesê die kabinet het besluit om McBride vir die pos voor te stel tydens ʼn vergadering wat Woensdag gehou gaan word. Ná die voorstel gemaak is, sal die relevante portefeuljekomitee in die parlement die finale besluit maak.
“Die leisels van Opod was vir bykans ʼn jaar in die hande van ʼn waarnemende uitvoerende direkteur en stabiliteit in hierdie belangrike instelling is van kardinale belang,” het Mthethwa gesê.
McBride het op 21 Desember 2006 van die metropolisie se jaareindfunksie naby Hartbeespoortdam gery toe hy sy motor gerol het. McBride is in April 2011 skuldig bevind op die aanklagte teen hom en is in September tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Hy het teen dié vonnis appèl aangeteken. Regter Cynthia Pretorius het hom op 28 Maart 2013 onskuldig bevind en het aangevoer dat die staat geen van die klagtes teen die beskuldigde bo redelike twyfel kon bewys nie. Die staat het teen die vryspraak appelleer, maar hul aansoek is deur die Noord-Gautengse hooggeregshof van die hand gewys.
Lees ook:
McBride in finansiële knyp, soek werk
McBride skotvry
Staat gaan appelleer teen McBride se vryspraak
McBride vrygespreek
McBride kry tronkstraf vir dronkbestuur
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
17 Kommentare
Kabinet soek hom as Opod-hoof, meer as net ek soek sy kop op ‘n plastiek skinkbord. Deesdae kan mense slegs iets bereik as jy ‘n misdadiger is / was – so voel dit.
As dit hulle keuse was uit die bestes wat daar was,dan bevestig dit net weereens,dat Suid Afrika deur n Diktator regeer word!
Mag die Liewe Vader ons behoed teen die duiwelgebroedsel
Hy is een van die regering se uitverkorenes. Hy kan maak wat hy wil hy word beskerm. Na elke misdaad wat hy pleeg is hy beter af.
Watter aanklagte?