Kafeïen-sjampoe kom onder skoot

Foto: www.alpecin.co.za

Die vervaardigers van ‘n hoëkaffeïen-teenhaarverliessjampoe het verbruikers gerus gestel dat hul produk veilig is, te midde van kommer oor die effek van hoë inname van kafeïen op mense.

Dr. Wolff, die vervaardiger van Alpecin kafeïensjampoe, het nou ‘n wêreldwye inligtingsveldtog van stapel gestuur om dié kommer aan te spreek. “Die effek van Alpecin op haarverlies is, net soos in medisyne, gebaseer op die korrekte dosis van kafeïen,” het Wolff gesê. Volgens Wolff bewys wetenskaplike studies dat die kafeïenvlakke in Alpecin vasgestel word wat groei in die haarskag bevorder.

Verbruikersrade versoek al hoe meer waarskuwingsetikette en opvoeding oor produkte wat kafeïen bevat, veral sedert ‘n onlangse verslag oor die gevolge van ‘n vrou in Nieu-Seeland se uitermatige verbruik van kolakoeldrank wat kafeïen bevat.

Die Europese Unie sal na verwagting volgende jaar nuwe maatreëls oor produkte, wat kafeïen bevat, publiseer en in Amerika is die FDA besig om produkte wat ‘n hoë kafeïeninhoud het, en newe-effekte op verbruikers mag hê, te bekamp.
Alpecin is beskikbaar in Suid-Afrika en het verlede jaar rekordverkope behaal weens die beweerde doeltreffendheid van die produk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.