Kalfie vrek na hy in mik van boom vassit

Foto: www.rhinoconservation.org

Die witrenosterkalf wat vroeër die week vir nagenoeg agt uur in die mik van ‘n boom vasgesit het nadat sy ma doodgeskiet is, is Saterdagoggend dood.

Die kalf, wat drie weke oud was, het vir horingstropers weggehardloop nadat hulle hom met ‘n panga oor die kop gekap het op ’n plaas in Assen, buite Brits. Hy het enkele meters van waar sy ma geskiet is, met sy kop in die mik van ‘n boom beland. Die kalfie se kop was erg geswel en dit het ure geneem om hom uit die mik te bevry. Hy is Saterdagoggend aan sy beserings dood. Die kalf se ma, Alpha, is in die kop en hart geskiet en haar horing is verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.