Kalifornië het die eerste Amerikaanse deelstaat geword wat die omstrede terapie vir homoseksuele minderjariges verbied.
Voorstanders van die verbod voer aan dat die terapie geen wetenskaplike basis het nie, en ernstige sielkundige skade aan jongmense kan aanrig.
Voorstanders van die terapie beskou die verbod as ‘n skending van ouers se reg om keuses vir hul kinders te maak.
Gay-aktiviste is teen die terapie gekant omdat dit van die standpunt uitgaan dat homoseksualisme ‘n siekte is, wat genees moet word.
Die uitvinder van die terapie, Robert Spitzer, het hom intussen van die terapie gedistansieer en sy verskoning aangebied.
Hoewel gay huwelike in Kalifornië na ‘n hof-appèl wettig is, word dit in die meeste deelstate verbied of as onwettig beskou. Gay-kwessies maak ook deel van die Amerikaanse federale politiek uit.