Kallis is SA krieketspeler van die jaar

Jacques Kallis was gisteraand die groot wenner tydens Krieket Suid-Afrika se jaarlikse prysuitdeling.

Kallis is aangewys as speler van die jaar, ʼn eer wat hom in 2004 laas in die beurt geval het. Hy is ook aangewys as toetsspeler van die jaar. Hashim Amla, wat verlede jaar se groot wenner was, is vanjaar as spelers se speler en ondersteuners se speler van die jaar aangewys. AB de Villiers is as kitsspeler van die jaar aangewys. De Villiers is gister aangewys as die Proteas se nuwe eendag- en twintig20 kaptein nadat Gary Kirsten as die span se nuwe afrigter aangewys is. Imran Tahir is as die nuweling van die jaar aangewys.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.