Kamer van Mynwese maak geen hersiene aanbod vir vaardige werknemers nie

Die vakbond Solidariteit het Woensdag gesê daar is ʼn goeie kans dat onderhandelinge by die Kamer van Mynwese namens werknemers in die goudbedryf op ʼn dooiepunt gaan uitloop. Dit volg nadat die kamer Woensdag tydens individuele terugvoering aan die vakbonde in gebreke gebly het om sy vorige aanbod van ʼn verhoging van 5,5% gekoppel aan ʼn winsdelingskema te verhoog.

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, sê die vakbond is teleurgestel oor die kamer se besluit om nie die aanbod van 5,5% te verhoog nie. “Die kamer dring daarop aan dat die individuele mynhuise die geleentheid gegun word om aanbiedings te doen oor hoe die winsskemas werk en wat die uitwerking daarvan is. Solidariteit sal op Maandag 26 Augustus terugvoering gee oor die aanbod nadat daar met lede gekonsulteer is. Hoewel Solidariteit die toegewing rakende die insluiting van eggenote in die gesinsverantwoordelikheidsverlof verwelkom het, is dit hoogs waarskynlik dat Solidariteit se lede nie die aanbod sal aanvaar nie. Die kanse dat die onderhandelinge op ‘n dooiepunt gaan uitloop, is baie goed. Solidariteit hoop egter steeds dat ʼn skikking bereik kan word omdat ’n staking nie in enige party se belang is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.