Maroela Media word oorval met mense wie se harte uitgaan na Irene van Niekerk, ʼn 15-jarige meisie wat al meer as 27 goue medaljes ingepalm het al bly sy in haglike omstandighede in ʼn plakkerskamp.
Maroela Media het Woensdag berig sy bly saam haar gesin in ʼn plakkershuis naby Krugersdorp en besit nie enige skoene nie. Van Niekerk het dié medaljes vir langafstand hardloop ontvang, ondanks die feit dat albei haar voete erg vermink is tydens ʼn fratsongeluk toe sy klein was. Lees meer hier.
Ondersteuning uit alle oorde het vir haar ingestroom en leser wou weet wat hulle kan doen om haar te help. Bertie van Rensburg, die hoof van die skool waar Van Niekerk skoolgaan, het Maroela Media na pastoor Lourens Groenewald verwys, wat as die gesin se woordvoerder optree.
Groenewald bedryf ʼn trust om behoeftiges in wit plakkerskampe te help. Hy was ook onder andere die persoon wat die internasionale leraar, dr. Skip Moen, aan Van Niekerk voorgestel het. Moen het Van Niekerk se storie aan internasionale media bekendgemaak.
Groenewald sê hy het ʼn passie vir behoeftiges, aangesien hyself tien jaar gelede ʼn hawelose was. Hy is ʼn oud-polisieman wat erken hy het die pad byster geraak, maar dat God hom gered het en dit sy doel gemaak het om na behoeftiges uit te reik.
“Ek ken Irene al vir ses jaar lank. Ek onthou nou nog toe ek haar vir die eerste keer gesien het toe ek vir die inwoners van die plakkerskamp waar sy bly, ʼn diens gehou het. Sy het na die mikrofoon gestap en vir my gesê ‘oom pastoor, ek wil graag vir Jesus ʼn liedjie sing’,” het hy Donderdag aan Maroela Media gesê.
“Ek werk saam met Moen om Irene en ander te help. Nadat haar spesiale skoene gesteel is, het God iemand oor my pad gebring wat spesialiseer in die vervaardiging van skoene en binne-sole. Hy het gratis vir haar `n paar spesiale binnesole vervaardig wat ek Dinsdag vir haar gegee het,” het hy gesê.
Samuel van Dyk, ʼn Maroela-leser, het die berig onder die aandag van die eienaar van Run Away Sport in Lynnwood-weg, Pretoria, gebring en hulle het onderneem om vir Irene padwedloopskoene te borg asook ʼn stel spykerskoene as sy wil begin baanwerk doen.
“Dit is wonderlike nuus. Ons kan die Here en almal wat gebede en boodskappe van bemoediging gee, nie genoeg bedank nie,” het Groenewald opgewonde gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
Irene jy is n merkwaardige jong dame. Inspirasie vir baie …
Ek het geweet FW/broers se oorgawe sal lei tot grootskaalse verarming en verslawing van ons Volk daarom het ons die land verlaat, maar dit breek steeds my hart om die gevolge soos hierbo te lees. Kan ons leiers nie asb saamwerk vir volksvryheid nie?
Face Book is just so amazing. Is there a doctor out there with a BIG heart who can reconstruct this beautiful girls toes? I’m praying for a miracle.
Zuma en sy gespuis.!!!!
20% van alle ‘Lifepro Ministry & Mission Tool’-Bestellings sal vir die res van April, Mei en Junie vir Irene van Niekerk en haar gesin aangewend word. Hulle omstandighede sal aan die einde van Junie her-evalueer word vir ‘n voortgesette 3 maande toekenning. Epos asb u Persoonlike en Bestelling Besonderhede na my en gebruik ‘Irene’ as Onderwerp.