Kampioen van plakkerskamp raak talle harte

Irene van Niekerk

Maroela Media word oorval met mense wie se harte uitgaan na Irene van Niekerk, ʼn 15-jarige meisie wat al meer as 27 goue medaljes ingepalm het al bly sy in haglike omstandighede in ʼn plakkerskamp.

Maroela Media het Woensdag berig sy bly saam haar gesin in ʼn plakkershuis naby Krugersdorp en besit nie enige skoene nie. Van Niekerk het dié medaljes vir langafstand hardloop ontvang, ondanks die feit dat albei haar voete erg vermink is tydens ʼn fratsongeluk toe sy klein was. Lees meer hier.

Ondersteuning uit alle oorde het vir haar ingestroom en leser wou weet wat hulle kan doen om haar te help. Bertie van Rensburg, die hoof van die skool waar Van Niekerk skoolgaan, het Maroela Media na pastoor Lourens Groenewald verwys, wat as die gesin se woordvoerder optree.

Groenewald bedryf ʼn trust om behoeftiges in wit plakkerskampe te help. Hy was ook onder andere die persoon wat die internasionale leraar, dr. Skip Moen, aan Van Niekerk voorgestel het. Moen het Van Niekerk se storie aan internasionale media bekendgemaak.

Groenewald sê hy het ʼn passie vir behoeftiges, aangesien hyself tien jaar gelede ʼn hawelose was. Hy is ʼn oud-polisieman wat erken hy het die pad byster geraak, maar dat God hom gered het en dit sy doel gemaak het om na behoeftiges uit te reik.

Irene van Niekerk en pastoor Lourens Groenewald

“Ek ken Irene al vir ses jaar lank. Ek onthou nou nog toe ek haar vir die eerste keer gesien het toe ek vir die inwoners van die plakkerskamp waar sy bly, ʼn diens gehou het. Sy het na die mikrofoon gestap en vir my gesê ‘oom pastoor, ek wil graag vir Jesus ʼn liedjie sing’,” het hy Donderdag aan Maroela Media gesê.

“Ek werk saam met Moen om Irene en ander te help. Nadat haar spesiale skoene gesteel is, het God iemand oor my pad gebring wat spesialiseer in die vervaardiging van skoene en binne-sole. Hy het gratis vir haar `n paar spesiale binnesole vervaardig wat ek Dinsdag vir haar gegee het,” het hy gesê.

Samuel van Dyk, ʼn Maroela-leser, het die berig onder die aandag van die eienaar van Run Away Sport in Lynnwood-weg, Pretoria, gebring en hulle het onderneem om vir Irene padwedloopskoene te borg asook ʼn stel spykerskoene as sy wil begin baanwerk doen.

“Dit is wonderlike nuus. Ons kan die Here en almal wat gebede en boodskappe van bemoediging gee, nie genoeg bedank nie,” het Groenewald opgewonde gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

caroline ·

Irene jy is n merkwaardige jong dame. Inspirasie vir baie …

Deon Brits ·

Ek het geweet FW/broers se oorgawe sal lei tot grootskaalse verarming en verslawing van ons Volk daarom het ons die land verlaat, maar dit breek steeds my hart om die gevolge soos hierbo te lees. Kan ons leiers nie asb saamwerk vir volksvryheid nie?

Miss Knysna ·

Face Book is just so amazing. Is there a doctor out there with a BIG heart who can reconstruct this beautiful girls toes? I’m praying for a miracle.

Trudé Nell ·

20% van alle ‘Lifepro Ministry & Mission Tool’-Bestellings sal vir die res van April, Mei en Junie vir Irene van Niekerk en haar gesin aangewend word. Hulle omstandighede sal aan die einde van Junie her-evalueer word vir ‘n voortgesette 3 maande toekenning. Epos asb u Persoonlike en Bestelling Besonderhede na my en gebruik ‘Irene’ as Onderwerp.

Lourens Groenewald ·

Uit my hart uit se ek dankie vir die instroom van hulp en belangstelling! Nou dat die wereld weet dis nie `n “scam” nie, sal ons steeds voortgaan in geloof. Mense wat meer fotos van Irenetjie wil sien, kom kuier op my facebook blad. Dis onder my naam. Dit help ook nie om uit `n rasse oogpunt hierna te kyk nie. Ons is hier om te bly want Suid Afrika is ons geboorteland. Dit kan niemand van ons wegneem nie. Kom ons wys die wereld ons is amper net so `gutsy` soos hierdie pragtige meisie-kind.

Annelize ·

Ek is in trane. Ek wil daai kind hel asb as iemand vir my besonderhede kan geee asb

Olivia ·

Annelize, Pastoor Lourens is op FB. Lourens Groenewald inbox hom hy is ‘n dinamiese man het hom ontmoet. Sy hart is so vol van die Here en hulp vir hierdie kind en die gemeenskap.

Hy sal dit wardeer.

Clivé Burger ·

Ons leef in ‘n tydperk van korrupsie, moord, bedrog, maar toe ek hierdie op televisie sien van die moedige Irene het ek geweet die mooi harte van ons Suid-Afrikaners sal uitgaan na haar. Dit is wonderlik om te sien hoeveel mense reeds hulp aangebied het. Ek is so verskriklik bly. Die nood daar buite is geweldig groot, maar hier weer word iemand gehelp. Ek bid dat hierdie dogtertjie nog ver in die lewe sal kom!

Okkie Vermeulen ·

Ek en my vrou is al twintig jaar getruod en sal wat wil gee om so ”n kind iets te kan bied wat sy nooit kan he nie.

Johan Spies ·

Irene, wat ‘n voorbeeld wat jy stel vir begaafde en “normale” mense wat nie hulle talente gebruik soos jy, ondanks jou gestremdheid en omstandighede nie! Wens ek kon help maar ek weet daar is baie mense wat in oorvloed gaan bydra! You rock Girl! Bid vir jou en jou ouers en julle omstandighede! Uitkoms is om die draai, ek weet! Dankie vir jou voorbeeld wat jy vir baie mense, my inkluis, is!

Lorraine ·

Sy isso ‘n jong merkwaardige dametjie, ons wat so bevoorreg is kan so baie by haar leet, sterkte met jou toekoms en drome, en moenie ophou glo nie, mag jy dit baie ver bring

Izabel Ferreira ·

Irene jy is regtig ‘n merkwaardige dame en so goeie voorbeeld vir al ons land se kinders.
Baie dankie vir al julle mensies wat haar help .
Ek bid vir jou en al die mense in ons land wat hulle harte vir jou oop gemaak het.
Izabel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.