Kanker in SA teen 2030 78 % meer

Kanker gaan teen 2030 wêreldwyd teen 2030 met 75 persent styg, maar in sommige ontwikkelde lande met tot 90 %, volgens ‘n studie wat in The Lancet verskyn het. Die nuus is nie net sleg nie – daar is ook goeie nuus dat voorsorg die voorspelde syfers laer kan maak.

Die studie is deur verskeie onkoloë van die International Agency for Cancer Research gedoen.

Die navorsers het die tendense van verskeie van die vernaamste soorte kankers in verskillende dele van die wêreld, en verskillende soorte ekonomieë met mekaar vergelyk, en tot die slotsom gekom dat soos infeksie-tipe kanker verminder, kanker met reproduktiewe, dieetverwante en hormonale oorsake toeneem. Die kankers wat na verwagting die meeste sal toeneem is bors-, prostaat- en dermkanaalkanker.

Die studie toon dat verskillende soorte kanker verskillend op verskillende ontwikkelingsvlakke van lande reageer, en daarom dat kanker in Derdewêreldlande met tot 90 % kan toeneem.

Suid-Afrika se lot van 78 % persent sal na verwagting deur twee van sy Brics-vennote, Indië en China, gedeel word.

Die voorsorg wat getref kan word is doeltreffende primêre voorkomende strategieë, inenting, vroeë ontdekking en doeltreffende behandelingsprogram.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

Dis, ironies genoeg, eintlik goeie nuus. Een van die hoofredes vir ‘n hoër voorkoms van kanker, is eenvoudig dat meer mense langer leef – iets wat tog wenslik en goed is. In plaas daarvan dat die persoon aan ‘n aansteeklike siekte sterf op 35, sterf hy nou aan kanker op 70.
Natuurlik, as besoedeling en ongesonde leefstyle veroorsaak dat veel meer mense op ‘n jong ouderdom kanker kry, is dit wel slegs slegte nuus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.