ʼn Kankerlyer wat na bewering deur ʼn verpleër in die Universitas-hospitaal-anneks in Bloemfontein verkrag is, is dood.
Volksblad berig die 51-jarige Magda Lombard is Vrydag in die Mediclinic in Bloemfontein dood. Lombard is na dié hospitaal oorgeplaas na die beweerde verkragting. Lombard is glo deur ʼn verpleër verkrag terwyl ʼn ander verpleegster haar vasgehou het. ʼn 31-jarige man is einde verlede maand in hegtenis geneem nadat hy glo positief uitgeken is deur Lombard. Sy kon egter nie die verpleegster, wat die man na bewering bygestaan het, uitken nie. Die voorval het glo op 15 Oktober plaasgevind. Die vermeende verkragter moet weer op 1 Desember in die landdroshof in Bloemfontein verskyn. Hy is vroeër op borgtog van R500 vrygelaat.
Lees die volledige berig hier.