Kankerpasiënt glo in BFN-hospitaal verkrag

Die polisie in die Vrystaat ondersoek bewerings dat ʼn terminaal siek kankerpasiënt deur ʼn manlike verpleegster verkrag is in die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Harry Nagel, sê die 50-jarige vrou se man het aan die polisie gesê die voorval het op 15 Oktober plaasgevind. ʼn Vroulike verpleegster het die vrou glo vasgehou terwyl die manlike verpleegster haar verkrag het. Nagel sê daar is twee verdagtes maar niemand is nog in hegtenis geneem nie. Hy sê die polisie wag op ʼn besluit van die direkteur van openbare vervolging. Die vrou is intussen na ʼn private hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas terwyl ʼn saak van verkragting ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.