Kaper breek been toe hy probeer vlug

handcuffs3-320x257ʼn Vermeende kaper is in Pretoria in hegtenis geneem nadat hy sy been gebreek en albei sy enkels gekraak het toe hy probeer het om veiligheidsbeamptes te ontduik, het The Citizen Dinsdag berig.

Die verdagte het tussen Boom- en Venterstraat, in ʼn vier meter diep duiksloot in Paul Krugerstraat gespring, kort nadat vier mans Maandagoggend ʼn afleweringswa, wat sigarette vervoer het, na bewering gekaap het.

Jacques Pretorius, ʼn woordvoerder van Fidelity-sekuriteit, het aan die koerant gesê die verdagtes het die bestuurder agterin die voertuig ingeboender. “Twee van die verdagtes het in die afleweringswa geklim, terwyl die ander twee hulle wou agtervolg,” het Pretorius gesê.

“Twee van ons wagte het opgemerk dat die afleweringswa gekaap word en het te voet op die twee verdagtes afgestorm. Een van die verdagtes is in hegtenis geneem, en een het in die sloot gespring. Die ander twee kon daarin slaag om te ontsnap.”

Volgens Pretorius is die man wat in die sloot gespring het ʼn berugte rower en kaper in die gebied.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.