Kaper deur slagoffer doodgeskiet

‘n Kaper is Maandag doodgeskiet nadat hy en drie makkers ‘n egpaar in Pinetown, KwaZulu-Natal probeer kaap het.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê vier mans het die egpaar in Albertsstraat probeer kaap. Die bestuurder, vermoedelik in sy 50’s, is in die maag geskiet deur een van die kapers waarna hy teruggevuur en een van die kapers doodgeskiet het. Sy vrou is ook gewond. Die drie ander kapers het gevlug. Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die man is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem terwyl die vrou in ‘n ernstige toestand is. ‘n Werknemer van ‘n werkswinkel naby die toneel sê hy het drie skote gehoor waarna daar ‘n oomblik van stilte was gevolg deur vyf skote. Hy sê hy het na die toneel gehardloop en die liggaam van die kaper in die straat sien lê. Hy sê die vrou het aan hom gesê: “Help ons asseblief, ons is geskiet.” Hy sê die vrou is in die been geskiet. “Sy was baie kalm maar was in pyn, erge pyn.” Hy en medewerkers het die toneel rondom die motor afgesper en die polisie en paramedici ontbied. Die polisie en forensiese deskundiges was tot laat Maandagmiddag op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

amy ·

Ek is jammer as ek niks voel vir die kaper se lewe nie. Hy sou tien-teen-een sy slagoffer koelbloedig doodgeskiet het.

Miss Knysna ·

The remaining 3 morons ran away….what does this tell us? Cowards! The can only operate in gangs and as soon as one is killed or injured they flee.

Somerset Morkel ·

Mooi skoot…! “Rather have a gun and not need it, than need a gun and not have it”. Dit is korrek bewys..

JAVR ·

Wag maar julle gaan nog lees dat die man vir moord aangekla is! Jy mag die bliksems mos nie skiet of doodmaak nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.