Kaper doodgeskiet

ʼn Man is gisteraand doodgeskiet en ʼn ander in hegtenis geneem na ʼn kaping in Midrand.

Volgens Hoofsuperintendent Wayne Minnaar van die Johannesburgse metropolisie het beamptes Dinsdagaand omstreeks 19:00 ʼn verdagte swart Fiat opgemerk. Dié voertuig is vroeër as gekaap aangemeld. “Die bestuurder wou nie stop nie. Na ʼn jaagtog in Republiekweg het die insittendes op die beamptes geskiet. Die polisie het teruggeskiet en een man noodlottig gewond. Een man is in hegtenis geneem en twee mans het te voet ontsnap.”

Die polisie is steeds opsoek na die twee voortvlugtendes. Die gekaapte voertuig en ʼn ongelisensieerde vuurwapen is verhaal.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.