Kaper glo op heterdaad betrap

Argieffoto

ʼn Man is Dinsdagoggend in hegtenis geneem nadat hy glo op heterdaad betrap is terwyl hy ʼn voertuig in Benrose, Johannesburg, gekaap het.

“Twee van sy medepligtiges het ontsnap,” het kapt. Disebo Selepe, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê.

Die polisie het glo gesien hoe drie mans ʼn Toyota Land Cruiser in Barneystraat in Benrose kaap. Hulle het die mans agterna gesit en hulle aangekeer toe hulle teen die verkeer in ʼn eenrigtingstraat gery het. “Twee mans het uit die Toyota gespring en probeer weghardloop. Een man is aangekeer. Die ander twee het weggekom,” het Selepe gesê.

Die vermeende kaper, ʼn 40-jarige man, is glo ook met ʼn R5-aanvalsgeweer, ʼn pistool en ʼn polisiepet betrap. Hy sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.