Kaper moor en slag vrou

Die liggaam van ʼn 28-jarige vrou van Noordwes is Sondag opgespoor nadat sy Saterdag glo gekaap is. Sy het twee skietwonde gehad en haar regteroog en privaatdele was uitgesny.

Volgens Kaptein Aafje Botma, ʼn polisiewoordvoerder, is Obed Moamogwa (31) en die oorledene, Keitumetse Mavis Mooketsi (28), Saterdag omstreeks in Lehurutshe, naby Zeerust, gekaap.

“Die paartjie het in die gebied rondgery toe iemand vermoedelik ʼn klip op die voertuig gegooi het. Moamogwa het die voertuig gestop om ondersoek in te stel toe ʼn gewapende man op hom afpyl. Die verdagte het Moamogwa in die kattebak ingedwing,” het Botma gesê. Die verdagte het in die voertuig geklim en verder gery met Mooketsi steeds in die voertuig. Moamogwa kon daarin slaag om uit die bewegende voertuig te ontsnap en het die voorval by die polisie aangemeld.

“Sondag omstreeks 11:00 het die Lehurutshe-polisie die gebied patrolleer en in ʼn veld op Mooketsi se geskende liggaam afgekom. Die voertuig is ook in Lehurutshe opgespoor. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van kaping, ontvoering en moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.