‘Kaper’ sterf ná wilde jaagtog en skietery met polisie

ʼn Vermeende kaper is Dinsdagaand doodgeskiet toe hy in ʼn oor-en-weer-skietery met die polisie in Hillcrest naby Durban in KwaZulu-Natal betrokke geraak het.

Kol. Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoer, het Woensdag gesê die polisie is omstreeks 19:30 oor die kaping ingelig en was op die uitkyk vir dié voertuig. “Hulle het later ʼn voertuig gesien wat die gekaapte voertuig se beskrywing pas en gepoog om die voertuig van die pad af te trek,” het Naicker gesê. Die verdagtes het van die polisie probeer wegjaag, maar die polisie het op hulle spoor gebly.

“Die verdagtes het beheer oor die voertuig verloor en gebots. Hulle het na bewering uit die voertuig geklim en op die polisie losgebrand. Die polisie het teruggeskiet.”

Een man is noodlottig gewond en twee van die verdagtes het daarin geslaag om te ontsnap. Die polisie is nog op soek na die ander twee verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Willy ·

Baie geluk aan die aan dié wat die krimeneel ewigheid toe gestuur het. Lekker om weer goeie nuus te lees vir ‘n slag.

Trippie ·

Geen verlies vir die samelewing ! Kriminele wat ernstige misdade pleeg moet verseker dieselfde pad stap.

Trudie ·

So jammer….dat net 1 van die 3 dood is, nou gaan die ander 2 maar weer net aan met hul misdrywe!!

Pieter Potgieter ·

Die polisie moet leer om raak te skiet dan was daar nou drie minder. N medalia moet vir hulle gegee word en verhooging na elke boef wat hulle platrek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.