‘Kaper’ vra borg

jhb-kaping1Een van die vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle op kringtelevisiekamera vasgelê is terwyl hulle ʼn motor in die Johannesburgse middestad kaap sal Maandag om borgtog aansoek doen.

Siphelele Mdlalose (29), Khanyisani Ngubane (24), Mhlonishwa Mchunu (36) en Ntobeko Hlatshwayo (29) is Donderdag in hegtenis geneem. Die polisie het op ʼn Rav4 en ʼn Toyota Corolla beslag gelê. Die polisie ondersoek die mans se betrokkenheid by minstens vier kapings wat op kringtelevisiekamera vasgelê is. Die kapings het almal in die Johannesburgse middestad plaasgevind. Beeldmateriaal van die kapings het die afgelope twee weke soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei. In een van die video’s kan daar gesien word hoe ʼn gesin in ʼn Rav4 gekaap word op die hoek van Commisioner- en Crownstraat. Die gesin word uit hul motor gepluk en van hul besittings beroof voor die kapers met die motor vlug.

Klik hier om die video te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hannetjie ·

Hoekom wil die man op borgtog aansoek doen? Net dat hy weer kan doen wat hy gedoen het? Hy is so skuldig soos more die heeldag?! Of is dit ‘n geval van “don’t belief your lying eyes “? Nee kyk die land se misdadigers het meer regte en voorregte as die gewonw mens.

Hanko ·

Mens kan net dink waardeur hierdie gekaaptes is, die angs en spanning, gaan hulle lewend daarvan af kom. Nee, hou die kaper binne, geen borg.

Grassie ·

`n Pluimpie aan die polisie wat hierdie gemors opgespoor en uit die gemeenskap verwyder het. Daar is deesdaae baie kritiek teen die polisie, en met reg, want daar is beslis `n korrupte en misdadige groepering in die polisie, maar daar is ook nog diegene wat hulle werk doen. Ons sien dikwels na `n plaasaanval dat arrestasies gemaak word.Laat ons hulle kritiseer wanneer hulle nie hul plig doen nie maar ook prys wanneer hulle goed doen.

Flash ·

Nogal al vier Zulus! Dan vertel hulle ons dis die ’buitelanders’ wat so krimineel is!

Peter Says ·

Borg sal toegestaan word, die rowers het meer regte as die slagoffers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.