Kapers doen hulleself as polisiebeamptes voor

'n Bende, wat hulleself as polisiebeamptes voordoen, teiken tans die Oos-Rand en die noordelike voorstede van Johannesburg. Foto: fitsnews.com

Die polisie het inwoners aan die Oos-Rand en in Johannesburg se noordelike voorstede Woensdag gewaarsku om versigtig te wees vir ʼn bende wat hulleself as polisiebeamptes voordoen.

Dit volg nadat vyf sake oor die laaste week aangemeld is waar die verdagtes dieselfde modus operandi volg. Volgens Gauteng se waarnemende polisie-kommissaris, Generaal-Majoor Pumza Gela, gebruik die verdagtes ʼn wit, ongemerkte Volkswagen Golf en blou ligte om mense af te trek waarna hulle beroof en gekaap word.

“Die bende is swaar gewapen. Hulle het al in Benoni, Germiston, op die N17 en Beyers Naudeweg, asook by die N14 naby Diepsloot toegeslaan,” het Gela gesê. Hy het motoriste gewaarsku om nie vir ʼn ongemerkte voertuig te stop nie. “Motoriste kan tot by die naaste polisiestasie ry as dit vir hulle te onveilig voel om te stop.”

Gela het ook gesê die polisie ondersoek die moontlikheid dat van die bendelede polisiebeamptes kan wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.