Kapers doodgeskiet na wilde jaagtog

Twee kapers is Donderdag in Durban in KwaZulu-Natal doodgeskiet terwyl hulle van die polisie probeer vlug het.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê die twee mans het ʼn BMW in Springfield Park gekaap. Die polisie het die verdagtes agternagesit waarna hulle op die polisie losgebrand het. “Die verdagtes het beheer oor die motor verloor waarna dit teen ʼn muur van ʼn huis in KwaMashu gebots het. Die motor het aan die brand geslaan en die verdagtes het uitgespring en voortgegaan om op die polisie te skiet.” Naicker sê die polisie het teruggevuur en een van die verdagtes doodgeskiet. Sy medepligtige het gevlug maar is later in Malendelaweg gesien. “Lede van die blitspatrollie het die verdagte genader waarna hy op hulle losgebrand het en hulle teruggevuur het. Hoewel die verdagte raakgeskiet is, het hy steeds probeer vlug en het hy eers later inmekaargesak en gesterf.” Die polisie ondersoek die kaping en saak van poging tot moord. ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen en die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ook die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pieter Potgieter ·

Geluk nog twee het geval. Julle polisie maak ons trots op julle. Hou so aan dalk kry julle nog sulke voor vale en die skelms moet nie meer in tronke vet gevoer word nie. Mooi manne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.