Kapers los baba in pad

Kapers het ʼn baba in die middel van ʼn pad gelos nadat hulle die ma se motor in Durban gekaap het terwyl die baba op die agtersitplek in haar karstoeltjie geslaap het.

The Mercury berig dat die baba deur ʼn verbyganger opgetel is voor sy kon seerkry. Die ma het Dinsdagmiddag haar BMW in Huntweg parkeer met die voorneme om vinnig die Glenwood Village-winkelsentrum te besoek. Die kapers het egter toegeslaan voor die ma haar babadogtertjie uit die motor kon haal. Die kapers het met die babadogtertjie in die motor weggejaag. Volgens die berig het Erik Bredberg op die baba afgekom in die middel van Charles Strachanweg toe hy sy werknemers huis toe gevat het. Bredberg het aanvanklik gedink dis ʼn ou karstoeltjie wat iemand uitgegooi het en was geskok toe hy die babadogtertjie in die stoeltjie gekry het. Bredberg het die babadogtertjie na die Mayville-polisiestasie geneem. Die babadogtertjie se ouers het haar kort hierna by die polisiestasie kom haal. Kapt. Thulani Zwane het aan die koerant gesê die ma se BMW is later verlate naby Cato Manor gevind. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Bron: The Mercury

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.