Kapers los kind langs pad

ʼn Vyfjarige dogtertjie van Pretoria is weer veilig in die arms van haar ma nadat hulle vir 45 minute lank ná ʼn kaping geskei was.

LookLocal Pretoria East berig die voorval het Vrydag in die ooste van Pretoria plaasgevind. Kaptein Jan Sepato, ʼn polisiewoordvoerder van die Silverton-polisiestasie, het gesê die ma was besig om die motorhek van hul huis in Meyerspark oop te sluit toe twee gewapende mans haar gekaap het. “Die kapers het in die voertuig gespring nog voor die ma haar kind, wat op die agterste sitplek gesit het, kon uithaal,” het Sepato gesê.

Die kapers het eers later agtergekom dat die dogtertjie in die kar was en het haar alleen langs die kant van die pad afgelaai en weggejaag.

Die kind het na ʼn nabygeleë vulstasie gehardloop waar die La Montagne-buurtwag haar gevind het.

Sepato het Dinsdag aan Maroela Media gesê die ma en dogter was vir sowat 45 minute lank van mekaar geskei. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die voertuig word steeds vermis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Edith ·

What a lot of rubbish live in our country. Can’t keep their hands off property that folks have worked hard for. One positive, they left the little girl unharmed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.