Kapers se nuwe modus operandi

ʼn Skynbaar onskuldige voorval soos iemand wat agter in jou motor vas ry blyk ʼn nuwe taktiek van kapers te wees.

Die veiligheidsmaatskappy ADT het aan The Star gesê dat een van sy veiligheidsbeamptes vroeër die maand gesien het hoe ʼn vrou ʼn man uit haar motor probeer trek en ondersoek gaan instel het. ʼn Motor met vier mans in het glo agter in die vrou se motor vasgery in Johannesburg. Die vrou het glo uitgeklim om die bestuurder se besonderhede te kry toe een van die mans agter haar stuurwiel ingespring het. Die vrou het die man uit die motor probeer trek in ʼn poging om hom te keer om haar motor te steel. Die man het gevlug toe die beampte van ADT die motor genader het. Die drie mans in die ander motor het ook gevlug. ADT sê dit blyk ʼn nuwe taktiek van kapers of diewe te wees om jou motor te steel, ook bekend as die “tap tap”-taktiek. Clive Humphrey, besturende direkteur van ADT se sentrale streek, sê indien die doel is om jou motor te kaap of te steel sal die ‘botsing’ nie hard genoeg wees om enige ernstige skade aan die motor aan te rig nie. Indien daar geen ernstige skade of beserings is nie, moet die bestuurder sy of haar hand by die venster uitsteek en aan die ander bestuurder wys om na ʼn besig openbare area soos ʼn polisiestasie of vulstasie te ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.