Kapers slaan glo man met baksteen dood

ʼn Man is met ʼn baksteen doodgeslaan in Rosetenville, suid van Johannesburg, nadat hy en sy vrou Saterdagoggend gekaap is.

Die Star berig die voorval het ten aanskoue van die man se vrou plaasgevind. Die paartjie was glo onderweg van Springs toe hulle omstreeks 02:00 die oggend deur kapers by ʼn verkeerslig ingewag is. Die vrou het glo daarin geslaag om weg te hardloop en in ʼn bos weg te kruip terwyl die kapers haar man met ʼn baksteen in die gesig geslaan het. Die kapers het met die motor gevlug maar het omgedraai toe hulle gesien het die man leef nog en kruip na die kant van die pad. ʼn Veiligheidswag wat die voorval gesien het sê die kapers het teruggekom en die man weer met die baksteen geslaan tot hy op die toneel dood is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.