Kapers vas na motor omslaan

Twee vermeende kapers is in hegtenis geneem nadat hulle glo twee vrouens gekaap het en kort daarna in ʼn ongeluk betrokke was in Cullinan, oos van Pretoria.

SABC News berig dat vier vermeende kapers Sondagoggend ʼn voertuig met twee vrouens, onderskeidelik 30 en 35 jaar oud, gekaap het. Johannes Japhta, woordvoerder van die polisie, het aan die openbare uitsaaier gesê een van die kapers het beheer verloor oor die voertuig en dit het omgeslaan. Hy sê met die polisie se aankoms op die toneel het twee van die vermeende kapers reeds gevlug. Een van die vermeende kapers is op die toneel in hegtenis geneem. Japhta sê die tweede vermeende kaper is by ʼn hospitaal in hegtenis geneem nadat hy behandeling gaan soek het. Die polisie soek steeds na die ander twee vermeende kapers. Japhta sê die vrouens is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

BRON: SABC News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.