Kapingssindikaat in Gauteng vasgetrek

Twee polisiebeamptes en ses mans, wat glo deel is van ʼn kapingssindikaat in Gauteng, is Woensdagoggend in Soweto in hegtenis geneem.

Kaptein Paul Ramaloko, ‘n woordvoerder van die Valke, sê die verdagtes is in Protea Glen, Jabulani en Naledi vasgetrek.

“Ons het ook lasbrief vir inhegtenisname vir nog ʼn polisieman en ʼn man wat in die stadium nog soek is,” het hy gesê.

Die verdagtes word verbind met verskeie kapings in die Wes-Rand en moet Donderdag in die Protea-landdroshof verskyn op aanklagte van diefstal en kapings. Die polisiebeamptes staar addisionele klagtes van korrupsie en dwarsboming van die gereg in die gesig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.