Kapingsvideo: Vier in hof

jhb kapingVier mans wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn kaping in Johannesburg se middestad wat op kringtelevisiekameras vasgevang is, het Vrydag in die stad se landdroshof verskyn.

“Die saak is tot Maandag uitgestel wanneer die mans aansoek kan doen om borgtog,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, gesê.

Siphelele Mdlalose (29), Khanyisani Ngubane (24), Mhlonishwa Mchunu (36) en Ntobeko Hlatshwayo (29) is Donderdag in hegtenis geneem. Die polisie het ʼn Toyota Rav4 en ʼn Toyota Corolla opgespoor.

Volgens EWN het die vier mans se prokureur, Irvin Maseko, gesê sy kliënte is van plan om onskuldig te pleit aangesien hulle verkeerdelik aangekla is. Hy sê die beeldmateriaal is baie onduidelik en sy kliënte is aangekeer op inligting van ‘n informant.

“Die ondersoek duur voort, aangesien nog mense moontlik betrokke was,” het Dlamini Donderdag ná die inhegtenisnemings gesê.

Die polisie ondersoek tans vier kapings wat in Johannesburg op kringtelevisiekameras vasgevang is. Die mans kan moontlik ook aan hierdie kapings verbind word. Die beeldmateriaal word analiseer om die kapers en vuurwapens te identifiseer.

Die mans is in hegtenis geneem in verband met ʼn kaping wat op 16 November op die hoek van Commissioner- en Crownstraat in Johannesburg plaasgevind het. Die beeldmateriaal het opslae gemaak op sosialemedia-netwerke. Klik hier om die video te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.