Kar ontplof toe hy sigaret aansteek

Foto: http://www.bangersandnash.com/nash/my-neighbours-car-blew-up/

ʼn Inwoner van Kaapstad se motor het gisteroggend ontplof toe hy ʼn sigaret in die motor aangesteek het.

Nash het op sy blog, www.bangersandnash.com, vertel dat die man, van Canterbury Square, in Zonnebloem, glo ʼn gasbottel agter in die motor laat staan het. Van die gas het uitgelek en die motor se passasiersruim gevul. Die man het glo nie die gas geruik nie, aangesien hy dadelik ʼn sigaret aangesteek het nog voordat hy die motor in trurat gesit het. Die motor het dadelik ontplof.

Volgens Nash het die man ligte brandwonde opgedoen en sterk hy aan. Die motor is egter daarmee heen. “Elke enkele deel van die motor is uitmekaar geruk. Selfs die rathefboom is uitgelig,” het Nash gesê. Klik hier om meer te lees.

Foto: http://www.bangersandnash.com/nash/my-neighbours-car-blew-up/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.