ʼn Sewejarige seuntjie van Richardsbaai is in ʼn kritieke toestand nadat ʼn voertuig hom Donderdagmiddag buite sy laerskool raakgery het.
“Die polisie ondersoek nog die voorval. Paramedici het die seuntjie in ʼn kritieke toestand langs die pad aangetref,” het Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, gesê. “Die seuntjie is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na ʼn hospitaal in Empangeni geneem vir verdere behandeling,” het hy gesê.