Kar ry vier mense in Vanderbijlpark raak

ER24-Gavin-Edwards-@gavine2009-320x2121Vier mense, waaronder twee vyfjarige meisies, is beseer toe ʼn voertuig Donderdagaand in Vanderbijlpark, Gauteng, in hulle vasgery het.

Christo Venter, ʼn woordvoerder van ER24, het Vrydag gesê die ongeluk het omstreeks 21:00 in Evereststraat plaasgevind, nadat die beseerdes ʼn skoolfunksie bygewoon het.

“ʼn Pa en sy dogter het oor die pad geloop, asook ʼn vrou en ʼn meisie, wat nie verwant is nie, toe die voertuig hulle getref het,” het Venter gesê.

“Die pa, in sy 40s, is in ʼn kritieke toestand en sy dogter het matige beserings opgedoen.” Die ander vrou het ook matige beserings opgedoen maar die dogtertjie wat saam haar was, is kritiek beseer.

“Al vier beseerdes is na die Sebokeng-hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.