Kar ry vrou raak wat in pad ineenstort

ʼn Middeljarige vrou is dood nadat sy in ʼn pad in Roodepoort ineengestort en daarna deur ʼn voertuig getref is.

Volgens Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het die voorval Donderdagoggend in die middestad plaasgevind. “Volgens die bestuurder van die voertuig wat haar raakgery het, het die vrou aan haar bors vasgeklou voor sy ineengestort het,” het Jackson gesê. Die vrou het in die pad geval en die bestuurder kon nie betyds stop nie. “Hy kon egter bietjie uitswaai en het oor die vrou se onderlyf gery. Sy was bewusteloos toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Jackson gesê.

Paramedici het begin om die vrou te stabiliseer. Haar toestand het baie verswak en na ʼn lang poging om haar lewe te probeer red, is sy op die toneel dood verklaar.

Volgens Jackson was die beserings aan haar onderlyf nie te ernstig nie en vermoed hulle sy is weens ʼn mediese toestand dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.