Kar skeur in twee ná trompop botsing met trok

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn 26-jarige man is dood nadat sy voertuig Donderdagaand ʼn vragmotor reg van voor naby Grabouw in die Wes-Kaap getref het.

Volgens Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het die ongeluk omstreeks 23:00 naby Sir Lowry’s-pas op die N2-snelweg plaasgevind.

“Die impak van die ongeluk was só erg dat die voertuig in twee geskeur het. Die voertuig se enjin was aan die een kant van die pad en stukke van die wrak het aan die ander kant van die pad gelê,” het Jackson gesê.

Die bestuurder is uit sy voertuig geslinger en sy liggaam is ʼn paar meter ver gevind vanwaar die botsing plaasgevind het.

“Die man is op slag dood. Niemand van die vragmotor is beseer nie.”

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Waaksaam ·

Baie hartseer … Innige simpatie vir die vriende en familie … nog so jonk :-(

en natuurlik sal niemand in die trok beseer wees nie – hulle sit mos mooi lekker hoog. Kan ry soos hooligans want niks gaan met hulle gebeur nie …. gaan so met die crime ook: verkrag, steel en moor al te lekker, want niks gebeur nie !

Jouwena ·

Sover ek kan agterkom, word daar nie gemeld wie die sondebok in die ongeluk was nie. Is dit nie dalk onregverdig om die vragmotor summier die skuld te gee nie? Ek ry ook taamlik gereeld daardie pad en ek het al gesien hoe jaag motors teen ‘n ongewensde spoed, dat ek wonder hoe hul die draaie gevat gaan kry. Nogtans jammer dat dit gebeur het en sterkte aan die naasbestaandes. Dis so onnodig!

Paul ·

Ek stem saam met jou Jouwena. Dit klink asof waaksaam daar was toe die botsing plaasgevind het. Wens sulkes wil liewer hulle monde snoer in plaas van sulke belaglike opmerkings te maak. Ons kan net maar bid dat God hom sal vergewe vir sy uitlatings. Miskien moet ons sy uitlatings vir die vragmotorbestuurder gee dan kan hyself verder met waaksaam se gal werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.