Kar tref man wat eksmeisie doodskiet

ʼn Man wat sy voormalige vriendin by haar werkplek in Noordwes doodgeskiet het is kort hierna deur ʼn motor getref toe hy probeer vlug het.

Ao. Sam Tselanyane, ʼn polisiewoordvoerder, sê die 43-jarige man het die 29-jarige vrou by Shalima Park, haar werkplek, doodgeskiet. Sy het glo vroeër ʼn beskermingsbevel teen hom gekry nadat hy haar gedreig het. Toe die man by haar werkplek opgedaag het, het sy ʼn kollega gevra om al die deure te sluit en haar pa gebel. Die man het ʼn vuurwapen uitgeruk en die glasdeur stukkend geskiet, die kantoor binnegestap en die vrou doodgeskiet. Nog ʼn vrou is gewond tydens die voorval. Tselanyane sê die man het op die vlug geslaan maar is oomblikke later deur ʼn motor getref nadat hy oor die N4-hoofweg probeer hardloop het. Hy is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal opgeneem en sal aangekla word van moord, poging tot moord en die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.